TUIS

WIE IS ONS

DOKUMENTE EN VORMS

KONTAK ONS

DONASIES

Die NG kerk Springs-Noord in 1952

WIE IS ONS...

Die NG gemeente Springs-Noord is die naas oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk op die Oos-Randse dorp Springs. Van die steeds bestaande gemeentes is net Springs-Oos (gestig in 1940), nadat die moedergemeente in 2013 by die Noord-gemeente ingelyf is

Ons Visie:

Ons Missie

Ons Waardes

Om in Jesus se voetspore te Volg

Ons missie is om vurige volgelinge van Jesus Christus op te rig wat uitreik en mense vir die koninkryk van God sal beïnvloed

Waardes is wat ons belangrik en waardevol ag. Algemene kernwaardes is die sleutel tot eenheid en vorm die basis waarop alle aktiwiteite gebaseer moet wees. Paulus moedig ons aan om "eensgesind" en "een in gees en doel" te wees (Fil.2: 2).

Leraars

Jesus lei ons om 'n familie te wees wat Sy genade, barmhartigheid en vergifnis vir almal uitstrek. Maak nie saak wat jy deurgemaak het of watse vrae jy dalk het nie, ons wil hê jy moet deel wees van die familie

Die Erediens:

Die eredienste van die gemeente dien as geestelike hoogtepunt van die week, en vind plaas elke Sondag oggend om 09:00.

 

Doop en Nagmaal:

Die bediening van die sakramente (Doop & Nagmaal) is ‘n baie belangrike deel van enige gemeente se bediening. Nagmaal gebeur 'n minimum van vier maal per jaar, maar kan ook met spesiale geleenthede en dienste bedien word. Daar sal egter vooraf met die gemeente gekommunikeer word in sulke gevalle. As jy jou kinders wil laat doop, of as jy nog nooit gedoop is nie, en verlang om volwasse kategese by te woon, kontak asseblief die kerkkantoor om die nodige reëlings en vorms aan jou deur te gee.

Die gemeente is op talle plekke in die samelewing bedrywig:

* Erediens op Sondae is die groot feesgeleentheid

* Jeugaksie en geloofsvorming van ons kinders

* Omgee en barmhartigheid

* Opheffing en noodverligting

* Sending en evangelisasie en baie meer...

 

As ons werk, werk ons hard en as ons kuier, kuier ons net so hard!

Met wie moet ek praat om betrokke te raak?

* Kleuterkerk - Adri du Plessis 084 582 4652

* Jeug-aksie en kampe - Gertruida Veldman 083 443 0593 / Maryke Kriek 083 464 5484

* Vroue in Aksie - Maritha de Beer 082 892 7992

* Voedingskema by skole - Susan de Lange 083 307 0212

* Gebedsgeleentheid - Rita Brown 083 336 8945

* Finansies - Diek de Beer 082 353 2907

* Projekte - Kerkkantoor 010 492 6693

* Omgeebediening - Kerkkantoor 010 492 6693

* Vlinders - Elsie van Deventer 083 393 0864

* HelpLift - Gertruida Veldman 083 443 0593